top of page

LIEFDES

Storie

In die begin...

​

26 Maart 2014 – “Boy meets girl”

​

Eugene: Ek het Mandi ontmoet by 'n kuierplekkie waar ek gereeld gegaan het. Sy het die MOOISTE glimlag gehad wat net dadelik my aandag getrek het. Ek het daardie aand al geweet, hier gaan ek 'n plan moet maak. Ons het lekker gesels en later het ek my wang gedraai en haar gevra om my 'n soentjie te gee. Ek het toe net to sy my wil soen my gesig gedraai en sy het my op die lippe gesoen. En net daar en dan het ek gedink, vas is sy.

 

Mandi: Hierdie was net ‘n gewone Woensdag aand wat ek en Marcelle (My suster) besluit het om ‘n paar drankies by toe een van ons gewildste kuier plekke Eastwoods te gaan geniet. Die aand was heel gesellig en Marcelle het amper die hele plek gegroet, want sy is mos ‘n baie meer “social butterfly” as ek. En dit was hier wat sy my aan Eugene Nieuwenhuys, Ruan Nieuwenhuys se broer wie ek wel van geweet het voorgestel het. Heel aangename kort oukie wat toe vir hom heel voor op die wa hou toe hy my vir ‘n soentjie op die wang vra en toe sy mond draai. (I suppose – first kiss)

​

19 Augustus 2014

 

Eugene: Ek het toe in 2014 my been gebreek terwyl ek "Motocross" gery het. Toe ek in die hospitaal opeindig het ek en sy weer begin gesels. Sy het vir my kom kuier in die hospitaal en vir my lekker goedjies gebring. Ek het haar behoorlik na haar asem laat snak toe sy my sien in my oulike blou jurkie en dans hare!!

 

Mandi: Ek was hierdie naweek saam met my ma in Worcester ons het by vriende gaan kuier, toe ek die boodskap van Eugene kry dat hy in die hospitaal is en sy voet gebreek het. Daai volgende week moes ek self by die kliniek by die hospitaal wees en het toe sommer besluit om by hom in te loer met ietsie soet en iets om hom besig te hou. Sjoe daai kamer was warm. 

 

Na hierdie vinnige ontmoeting en inloer in die hospitaal het dinge maar redelik dood geloop en was dit net ‘n elke nou en dan “Hallo”, hoe gaan dit? Boodksappie dan en wan.

 

Mandi: Dit was eintlik eers van min of meer einde Junie 2016 af wat ons baie meer gereeld begin gesels het en ek hom die een aand genooi het vir ete. Van daar af het alles bitter vining gebeur.

 

18 Julie 2016

​

Eugene: Ek het haar daardie aand op 18 Julie 2016 gevra of sy my klein lepel sal wees en sy het JA gesê. Dit was 'n goeie aand gewees.

 

Mandi: “It’s Official” – die verhouding het bitter vining beweeg, hy het “basicly” van daar af by my en René in die woonstel kom bly in Durbanville waar ons was en nie lank daarna nie het ons Vredekloof toe getrek in ‘n woonstel daar. Oktober 2017 het ons ons eerste huis saam gekoop.

 

18 Januarie 2019

​

Mandi: Wat ‘n ongelooflikke avontuurlikke dag, die dag waarvan ek en Eugene so baie gepraat het. (My hare en naels moet ASB mooi wees op die dag wat een van die grootste vrae aan my gevra word.) Ek het eerlikwaar niks verwag nie, Eugene was die afgelope paar dae na die aanloop van daai dag baie “weird”, maar ek het niks verder daarvan gemaak nie. Ek het die oggend by die werk gekom na ‘n groot rooi bos rose wat vir my wag en ‘n briefie wat sê ek moet ontbyt onder by ons werk se koffie winkel gaan eet. Halfpad geeet het ek nog ‘n briefie gekry wat sê ek is eintlik op verlof en moet 12:00 by Yolanda wees vir my naels. Nog geen idee wat aangaan nie het ek na Yolanda gery en my naels laat doen, daar het ek ‘n boksie sjokelade gekry met nog ‘n briefie wat gesê het ek moet vir my hare gaan. Dit het ek ook gedoen en daar het ek weer sjokelade ontvang wat gesê het hy wag vir my by die huis. By die huis het die mooiste man, mooi aangetrek en hare gekam, vir my gewag en gesê ek moet bad en aantrek dat ons kan ry.

 

Eventualy na ek al die hele “Time schedule” deurmekaar gegooi het, het ons gery en by die restaurant gaan eet waar ons heel eerste “date’ was. Van daar af het Eugene voorgestel dat ons bietjie by die see gaan loop, maar min het ek geweet dat daar ‘n piekniek kombersie met sjampanje en aarbeie ens. vir my gewag het. Hier het ek al bietjie op my senuwees begin raak. Ons het rustig daar gesit en gesels tot Eugene besluit het ons moet nou fotos neem waar ek na die maan en tafelberg kyk……..na die hoeveelste probeer slag toe ek terug draai na hom het hy op sy een knie gestaan en my gevra om sy vrou te raak. JA!!

 

Eugene: Op 18 Januarie 2019 het ek haar gevra om my vrou te word waarop sy "JA" gesê het... verseker die beste dag van my lewe! Die meisie met die mooi glimlag wat ek leer ken het, het nou gesê dat sy bereid is om die res van haar lewe saam met my te spandeer.

​

Ons troue was beplan vir 26 September 2020, maar toe het COVID die wêreld getref en met bitter swaar harte moes ons uitstel tot 2021 en hopelik nie weer nie.

 
​
​
Nou is ons hier...

 

Eugene: Ek is die gelukkigste man in die hele wêreld om so 'n pragtige vrou van binne en buite langs my sy te hê! Ons is al baie dinge deur en ek kan nie wag om die res van ons lewens aan te pak met jou langs my sy nie. Jy maak die lewe die moeitewerd en kan nie wag vir die GROOT DAG nie! Mandi Bosman, ek is ongelooflik lief vir jou en dankbaar dat jy in my lewe is.

 

Mandi: My engel dankie dat jy my die gelukkigte vrou op hierdie aardbol maak. Ons het wel ons “obsticles”, maar ek kan myself nie een dag sonder jou indink nie. Jy maak my en blommie se lewens heel met jou “crazy” persoonlikheid en bitter liefdevolle hart.

 

Ek kan nie wag om met jou te trou en vir ons lewens om saam te begin.Ek is so dankbaar Liewe Jesus het jou op ons pad gestuur. Jy vul my aan waar ek te kort kom en tel my op as ek ‘n slegte dag het. Niemand het my al ooit so lief gehad soos ek weet jy het. Jy kan maar hard wees as jy regtig wil, maar jou hart smelt bitter gou weer. Ek kan my nie ‘n lewe indink sonder jou daarin nie. Ek tel al die slapies.

​

Ek is bitter lief vir jou!!

bottom of page