top of page

GEVOLG

Dankie

Ontmoet die Bruid se gevolg

Chantel%20%26%20Chante%20Kleinhans%20-%2

Chantel & Chante Kleinhans

(Niggies)

Konfetti Meisies

​

Ons wonderwerkies en mooiste tweeling in die Familie.

​

Hierdie dag sal beslis nie dieselfde wees sonder julle 2 se “bubbly personality’s” daarin nie. So dieselfde, maar tog so verskillend. Julle 2 maak defnitief die lewe baie meer interresant as wat dit reeds is en hou ons beslis op ons tone.

 

Ek kan amper nie glo julle is al so groot en kan nou julle eie besluite neem nie. Dankie dat julle deel van my en Eugene se mooiste dag is, want hoe vaal sal die fotos nou wees sonder julle 2 daarin.

 

Lief vir julle so baie.

Marcelle%20Bosman%20-%20Hoof%20Strooimei

Marcelle Bosman

(Suster)

Hoof Strooimeisie

​

“The best thing about having a sister was that I always had a friend.”

​

Vir 31 jaar was jy nog altyd daar. Aan die begin was dit maar “trial and error” soos enige suster verhouding tog maar is. Maar nou is jy my BESTE vriendin en gelukkig vir my nog altyd my suster.

 

Ek kan myself nie indink om deur hierdie mooiste dag in my lewe te gaan sonder jou aan my sy nie. Jou liefde en ondersteuning beteken die wereld vir my al stem ons nie elkedag saam nie, maar tog sal ek altyd vir jou goedkeuring vra.

 

‘n Lewe sonder jou daarin sal ongelooflik vervelig wees. Dankie vir elke liewe glimlag (meestal uit die maag lag) en positiewe insette wat jy in my lewe bring.

​

Ek is oneindig baie lief vir jou.

Nicole%20Jordaan%20-%20Strooimeisie_edit

Nicole Jordaan

Strooimeisie

​

“Masie” waar begin ek…….

 

Technically het ons, ons hele Hoërskool loopbaan verby mekaar geloop, maar dit was eers na Matriek in College wat ons eintlik ge “click” het. Elke liewe geleentheid saam met jou is altyd ‘n “JOL”. Ons weet wanneer om ernstig te wees, maar dis meestal maar min omdat ons net altyd ‘n fees saam het. Ons hoef nie eers te praat nie net vir mekaar te kyk dan weet ons wat die ander een gaan sê.

​

Jy beteken so ongelooflik baie vir my. Altyd daar as ek wil gesels of net ‘n glasie wyn wil geniet. Hierdie dag sal nie volmaak wees sonder jou aan my sy nie. Jou omgee en mooi hart maak jou een van my kosbaarste besittings. Vir ‘n beter vriendin kon ek nie vra nie. Dankie vir 12 ongelooflikke goeie jare en nog baie meer.

​

 “A good friend is like a four leaf clover: Hard to find and lucky to have.”

Joani%20Visser%20-%20Strooimeisie_edited

Joani Visser

Strooimeisie

​

“Masie”, what a breath of fresh air.

​

Jy is heeltemal uniek in jou soort en dis hoekom jy so ongelooflik kosbaar vir my is. Jy is maar net die een wat die lewe in ‘n heeltemal ander perspektief sien as ek en Nicole en dis defnitief wat ons nodig het om hierdie “tripod” te volmaak.

​

Jou goeie hart en streng raad as dit by enige hart sake kom gee my altyd weer nuwe krag en ‘n duideliker uitkyk vorentoe. Jy is vir my ongelooflik kosbaar en eks so onsettend dankbaar om jou my vriendin te kan noem. Hierdie dag sal nie dieselfde wees sonder jou BEAUTIFUL self langs my nie.

​

“A good friend finds you in the dark and carries you back to the light.”

Ontmoet die Bruidegom se gevolg

Ruan%20Nieuwenhuys%20-%20Hoof%20Strooijo

Ruan Nieuwenhuys

(Broer)

Hoof Strooijonker

​

Waar begin ‘n mens, my broer Ruan.

 

Beste vriend vandat my geheue my toelaat om te onthou. Ek kan nie aan enige iemand anders dink wie ek as ’n broer sou wou hê nie.

​

Ons is al deur ongelooflik baie dinge saam, goeie tye en slegte tye, maar met jou in my lewe was dit altyd die moeitewerd.

​

Jy is regtig ’n aanvulling in my lewe en het dit baie plesierig gemaak tot dusvêr, met jou “smile” wat tot by jou ore strek het jy altyd ’n manier gekry om my op te beur as dinge moeilik raak.

​

My boetie, ek is lief vir jou, ek is dankbaar vir jou in my lewe en ek sien  uit na nog baie avonture saam met jou!

​

Dankie boeta vir 29 jaar se vriendskap!!

Ruan%20Visagie%20-%20Strooijonker_edited

Ruan (Snowy) Visagie

Strooijonker

​

Ruan het ek leer ken toe ek in St.6 was. Hy was St.7.

 

Ons het hom eendag op ’n veldjie naby ons huis raak geloop waar ons ‘n “dirt jump” probeer bou het uit sand… Hy het daar aangekom en op daardie klein verskoning van ‘n “jump” ‘n “Superman” gedoen. Ek en my broer het nog gedink kyk die “crazy” ou.

 

Wel van daar af het hy ons voorgestel wat ons basies vir ons hele hoërskool loopbaan sou doen, “BMX Dirtjumping”. Definitief van die beste tye gehad.

​

Maar ja, dis nie al hoekom hy uitstaan in my lewe nie. Hy is een geweldige goeie voorbeeld van my lewe wat hardwerkenheid betref! Gee altyd sy alles met alles wat hy doen.

 

En boonop dit als, iemand waarop ek altyd kan staat maak, maak nie saak hoe, waar of wanneer nie, hy is altyd daar!

 

Baie dankie my vriend vir 18 jaar se wonderlike vriendskap!

Ren%C3%A9%20Nieuwoudt%20(Blommie)%20-%20

René (Blommie)

Blomme Meisie

​

Mamma se mooiste blom, “we made it” ons het vir Oom Eugene gevind!!

​

Mamma kan nie wag om te sien hoe bitter mooi jy in jou rokkie gaan lyk nie. Mamma is so bevoorreg om jou op die mooiste dag langs my sy te kan hê. Jy is my beste maatjie en my mooiste blomme lyfie. Liewe Jesus het mamma so bitter baie bederf die dag toe hy jou vir my gegee het. Jy maak alles in die lewe die moeite werd en ek kan myself nie een dag indink sonder jou daarin nie. Jy praat somtyds my ore van my kop af, maar eks so lief vir jou.

​

Mamma kan nie wag dat ons 3 die res van ons lewens kan saam begin nie.

​

“To my daughter. Never forget that I love you. Life is filled with hard times and good times. Learn from everything you can. Be the woman I know you can be.”

​

​

​

​

​

​

​

René "Blom" Nieuwoudt:
 

Ek het jou ontmoet as 'n klein skaam dogtertjie, wat wou wegkruip toe jy my die eerste keer sien. Soos wat die tyd aan gegaan het, het jy meer gemaklik geword en oop gemaak teenoor my.

 

En nou is jy hierdie volmaakte, sprankelende, babbelende en unieke meisie. Jy is slim en kikker altyd ons huishouding op met jou lawwe persoonlikheid!

 

Oom Eugene is dankbaar vir jou in my lewe, want alhoewel daar partykeer "houdings" is, laat jy my altyd lag! Ek is verskriklik trots op die "Groot" meisie wat jy geword het en dankbaar dat die Here ons geseën het met jou in ons lewens!

 

Oom Eugene is verskriklik lief vir jou en belowe dat ek altyd daar sal wees vir jou my BlomKind!

Juan%20Du%20Toit%20-%20Strooijonker_edit

Juan Du Toit

Strooijonker

​

Juan het ek ontmoet in Bellville Hoërskool in St.6.

​

Ons het meeste van dieselfde vak keuses gehad, so ons was gereeld bymekaar. Kuns klas is seker maar waar dit begin het, met ons “Tech Decks” waarmee ons die juffrou teen die mure uitgedryf het. Teken kon ons goed doen, maar verf was nie van ons sterk punte nie en het dit maar deur geslaap en gewag tot op nommer 99 om klaar te maak.

​

Daarna het ons liefde vir motorfietse gekom. Dit het begin waar hy my “lifts” gegee het skool toe tot ek my eie een gekry het en dis waar die moeilikheid begin het. Daar het ons lewe vir “stunts” begin en het altyd die mense vermaak as ons by die skool aan gekom het met ons “stoppies”!

​

Dan nog een ding wat uitstaan is die broodjies wat hy vir ons gemaak het as ek by hom gaan kuier het met ALLES wat hy in die hande kon kry om daar op te sit.

​

Definitief goeie herinneringe en dankbaar om so ’n vriend in my lewe te kan hê.

​

Dankie vir 18 jaar se vriendskap Juan!!

Christian%20Uys%20-%20MC_edited.jpg

Christian Uys

Serimoniemeester (MC)

​

Christian ken ek die kortste uit my groepie, maar maak hom definitief nie die minste nie en het hom deur Mandi en Marcelle ontmoet.

​

Een van die snaakste mense wat ek ken, wat net die manier het om ’n mens se dag beter te maak. Ek het nog nie ’n slegte ervaring saam met hom gehad nie en waardeer die positiwiteit wat hy na ’n situasie bring.

​

Ek het ook al die voorreg gehad om waardevolle lewenslesse by hom te leer wat definitief my ’n beter mens maak.

​

Ek het ook twee ou jaars aande saam met hom deur gebring op Witsand en was albei vir die boeke gewees!

​

Christian dankie vir jou positiewe insette in my lewe. Ek sien uit na nog baie jare se genotvolle vriendskap.

 

Dankie vir 5 jaar se vriendskap!!

bottom of page