top of page

KOLLIG

Welkom by die

Welkom by Kaapstad Radio! Hier, teen die hange van Tafelberg, in die hartjie van Kaapstad in Suid Afrika, is alles sommer poenankies, klopdisselboom en lekker, want hier bring ons vir jou ‘n mengelmoes van die beste luister- en onthou-musiek! In Koos Kombuis se liedjie, Lisa se Klavier sê hy: “Kyk uit na Kaapstad in die nag. Die liggies en die swart, swart see.”

Die oorhoofse inspirasie, Kaapstad Radio - Vir sy mense aan sy mense, is juis die stad Kaapstad aan die suide punt van Afrika, met sy mengelmoeskasdoes van multikulturele mense, diversiteit, kleure en geure, in die lug, die godsdiens, en in die taal.

Kaapstad Radio is 'n wêreld wye internet radiostasie, met sorg saamgestel deur 'n klompie passievolle Suid Afrikaners met programme soos Lekker Kraai, Kaapse Karmenaadjie en Kaapse Draai, om net ‘n paar te noem. Elke program en omroeper bring ‘n unieke ervaring van die heel beste musiek, lekker gesels, kultuur-stories en soms aktuele sake, asook nuus, weer en verkeer!

Dis die verlange van saamsingmusiek, ou foto’s en kuier om die vuur, stories om die kombuistafel, langarmdans en nostalgiese dinge – dinge wat saakmaak wat Kaapstad Radio jou keuse van radiostasie maak! Jy sal nie in die pekel wees as jy ons op die keper kom beskou nie! Ons sal sommer baie in ons noppies wees as jy ‘n 'Kaapse Draai' kom maak, want hier gaan die Poppe nog lekker dans!

Kaapstad Radio nooi jou uit om daagliks in te skakel, waar jy ookal is en ons te ondersteun op sosiale media en op ons webtuiste! 
Deel met al jou vriende en raak deel van die Karmenaadjie – “a person is a person through other people”

Microphone.png
bottom of page