top of page
Annelie new.png

Annelie Asaram

OMROEPER | KARMENAADJIE

Ek is lief vir my lewe, vir die Kaap en mense!

Ek wou nog altyd graag vlieg en my droom is bewaarheid en ek word aangestel as Kajuit bemanning vir die Suid Afrikaanse Lugdiens in 1985.  Sedertien het ek deur die wereld gereis en het ek met so baie kulture te doen gekry. N Loopbaan wat ek n 1000 maal sal oordoen! Ek het ook baie interessante en bekende mense ontmoet, en was bevoorreg om as Bemannings Bestuurder vir  Nationwide, Mango asook Interair  te werk.  My vlerke word geknip toe ek in 2011 met Borskanker gediagnoseer  word en het my behandeling suksesvol oorleef.  Ek is 'n voorspraker van Kankerbewustheid en het al die geleentheid gehad om verskeie mense te motiveer wat met hierdie verwoestende siekte stoei. . As jy my moet vra hoe ek dit

reggekry het om 'n agressiewe vorm van kanker te oorleef, moet ek erken dat dit is 'n "question of mind over matter" en ook natuurlik die heel belangrikste is, om alle eer te gee aan my  Hemelse Vader en om omring te wees deur hartsmense wat my liefhet.

Ek is 'n borrelende persoon en jy kan my altyd uitken aan my positiewe gesindheid teenoor die lewe.  Ek "love" dit om 'n verskil in mense se lewens te maak. Om 'n radio aanbieder te wees is net nog 'n droom wat verwesenlik is! Kaapstad Radio se famielie is wonderlik!



 

Francois.png

Francois Coetzer

Loui Fish.png

Loui Fish

OMROEPER | KAAPSE KONTREI

** FRANCOIS COERTZE gebore in Johannesburg, groot geword in die Durban se suidkus Amanzimtoti, rugby gespeel in Engeland en sy vlerke kom sprei in Kaapstad. 

 

FRANCOIS is 'n profesionele akteur woonagtig in Wellington Wes Kaap. Hy het 'n groot liefde vir drama en kuns en het talle produksies in sy profesionele loopbaan agter sy naam, soos:

 

Die Pelsloper,  Modder en Bloed, Van Der Merwe, Woodenbox en vele ander kort verhale

FRANCOIS het ook verskeie tv titels onder die beld nl:

Die Byl, Suidooster, Waterfront, Fynskrif,

En die speurder in 7 de Laan – Inspekteur Carelsen

 

Internationaal is hy te sien in:

Call the Midwife 2016,  (UK)

Black Sails,  (US)

Homeland,  (US)

 

Hy het ook ‘n groot liefde vir teater en het ‘n teater-groep begin in Paarl met die naam,  THAT WAC theatre group.  Hul laaste vertoning het vir 4 maande gespeel tussen Paarl se Ou Meul teater en Drostdy Teater in Stellenbosch.

 

Hy was en is nogsteeds heel sportief en het onderandere sy SA klere in korfball behaal en semi-provinsiaal rugby gespeel.  Wanneer hy hom nie voor ‘n kamera vind nie, hardloop hy rond vir die SA Rugby legends op aangeleenthede, of “TAG-rugby” van tyd tot tyd.  **

OMROEPER | INGESPREK MET

Na nege jaar wat ek n breuk gevat het van die vermaaklikheids bedryf is ek Meer as opgewonde om  by die Kaapstad Radio familie aan te sluit.

 

My jare as model en TV aanbieder by Kyknet se Glitterati en Tonge Los Sal ek altyd in my hart koester, Maar ek sien vreeslik uit na die nuwe avontuur.

 

Hier is n bietjie meer agtergrond oor my.

Ek het groot geword in die Paarl en daar gebly tot op 22 toe ek my geboorte dorpie verruil het vir die "big city lights" van  Durban. Na dit was daar geen stop aan die vissie nie. Van daar was Italy en London my huis vir 10 jaar en die twee Liefdes van my lewe, my seuns Luke en Zeke gebore.

Ek was nog altyd lief vir die vermaaklikheids bedryf en sy mense.

 

Dinge wat ons luisteraars Kan na uitsien op my program Kaapse Karmenaadjie is lekker klets, onderhoude met ons bekendes, goeie musiek en Dan natuurlik my Mercia Mafia show op n Vrydag met my oud kollega Gavin Wildschutt-Prins van Glitterati en Tonge Los faam.

Maak reg vir baie lag, partykeer bietjie huil en die beste geselskap op Maandae, Woensdae, en Vrydae tussen 12. 00 en 15:00.

 

Ek sien baie uit daarna om saam met jou in jou huis, motor en kantoor te kuier.

 Groete, liefde

jp.png

JP van der Spuy

OMROEPER | KAAPSE DRAAI

Ek is gebore en getoeë in die Swartland, my skoolloopbaan begin by Laerskool Philadelphia en my Hoërskool loopbaan voltooi aan Hoër Tegniese Skool Oudtshoorn.

 

Na skool  is ek vir my militêre en na my opleiding het ek begin werk en myself bekwaam as Loodgieter en daarna opleiding gedoen en myself uitgeleef in my beroep as Terrein Agent in die Bou bedryf.

 

Ek het die voorreg gehad om vir Richard de Villiers te ontmoet wat reeds by verskeie Radio Stasies as omroeper uitgesaai het. Hy het my genooi na die ateljee van Radio Tygerberg en het ek dadelik belang gestel in die uitsaaiwese. Hy het my onder sy vlerk geneem en opleiding vir 3 maande in die bedryf gegee. Ek was vanaf 1999 tot en met 2003 saam met hom by Radio Tygerberg se Ontbyt program.

 

Ek het ‘n groot liefde vir Afrikaanse, Boeremusiek, Golden Oldies en Country musiek. Ek was bevoorreg om by Kaapstad Radio te kon aansluit waar ek op die volgende programme aanbied by Kaapstad Radio: Kaapse Kontrei, Boeremusiek, Golden Oldies en Country musiek.

 

Kaapstad Radio het vir my die eer en voorreg gegee om my passie vir wat ek lief is met oorgawe, profesionaliteit en verantwoordelikheid te kan uitleef

 

Groete

bottom of page